TUINROETE DISTRIK GHOLFNUUS - Dit is nou al 24 keer wat Buffelsdrift Game Lodge elke jaar op die Saterdag voor Kersfees 'n borgdag by die Boggomsbaai-gholfklub aanbied en elke jaar raak die pryse net groter en groter.
'n Totaal van 64 spelers het op 18 Desember kom afslaan.
Die tierende suidooster van die vorige dag het gelukkig effe gewyk en het net genoeg gepla om die meeste spelers se tellings nederig te hou.
In die Indiwiduele Stablefordkompetisie het die volgende spelers die beste gevaar:
1. Ray Saul 45; 2. Andries van Schalkwyk 41; 3. Van le Roux 36; 4. Freddie Stander 35; 5. Johan Leonard 35; 6. Jeanette Kleynhans 35; 7. Frikkie Lombard 35; 8. Jarno Loubser 34.
Naaste aan die penne is deur Julyan Bruyns op 6/15 en John William op 9/18 gewen. Die geelbalkompetisie is deur Gerrie Gouws, Ernst Volschenk, Chris Feiertag en Willem du Plessis met 44 punte gewen.
Op 1 Januarie 2022 bied Julyan Bruyns 'n borgdag aan, op 10 Januarie is dit die beurt van die Mosselbaai Mall en op 15 Januarie vind die geslote klubkampioenskap van die Boggomsbaai-gholfklub plaas.
Die Boggomsbaai-gholfklub wens al die lesers van die Mossel Bay Advertiser 'n geseënde Kersfees toe.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'