MOSSELBAAI GHOLF NUUS - So voor die feestyd se klomp borgdae wat voorlê, het die Boggomsbaai-gholfklub 'n heerlike borgdag vir beginners aangebied.
Hanna Roux, die bestuurder van die klubfasiliteite by die gholfklub, en een van die veteraanspelers, Chris Feiertag, het die dag geïnisieer en geborg en 36 spelers het op 10 November aan die kompetisie kom deelneem.
Die formaat was 'n American Scramble, waar 'n speler en 'n beginner (nie-gholfer) saamspeel.
So 'n dag sorg gewoonlik vir groot pret en heerlike ontspanning en om op die ou end 'n prys te wen, is 'n bonus. Baie dankie aan Hanna en Chris vir die pryse en die inisiatief wat hulle aan die dag gelê het.
Ons hoop daar kom 'n paar nuwe gholfspelers na vore na die dag.
Uitslae
Die volgende pare was die pryswenners:
- Henk Pienaar en Roelan Bruwer;
- Jaco Pienaar en Muller Bruwer;
- Andries en Tooi van Schalkwyk;
- Cassie Swanepoel en Chris Booysen.
Die Boggomsbaai-gholfklub is bevoorreg om in die feestyd 'n hele klompie borgdae aan te bied en besoekers kan gerus kom inskakel en saamspeel. Julle kan André Beukes kontak (082 460 0503) om in te skryf.
Die volgende borgdae gaan plaasvind:
- 1 Desember - Jakkalsvlei-wynplaas (beterbalkompetisie)
- 8 Desember - Mosselbaai Toyota (IPS)
- 15 Desember - Prima Part (beterbal)
- 19 Desember - Moerse Lekker gholfdag ( geborg deur Julyan Bruyns - IPS)
- 22 Desember - Buffelsdrift Game Lodge (IPS)
- 29 Desember - Supa Quick van George (IPS)
Pryswenners op Boggomsbaai: Andries en Tooi van Schalkwyk, Henk Pienaar en Roelan Bruwer, Muller Bruwer en Jaco Pienaar.
"Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus."