MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai se Prima Part het verlede Saterdag hul jaarlikse borgdag op Boggomsbaai aangebied.
Ongelukkig kon hul bestuurder, Abrie Barkhuysen, en sy personeel nie self die dag saam met ons deurbring nie as gevolg van ander verpligtinge, maar dit het die Boggomsbaaiers nie verhoed om sommer 'n heerlike kuierdag saam met die gholfspelery te hou nie.
'n Hele klomp vakansiegangers het ook die dag kom meemaak en iets van die uniekheid van Boggomsbaai se speelomstandighede en hul uitsonderlike gasvryheid kom beleef.
In die Beterbal Stablefordkompetisie het die volgende spelerspare die beste gevaar:
- David Uys en Gerald Myburgh (besoekers) 50
- Liam Uys (besoeker) en Fynn Thorenson 48
- André Beukes en Andries van Schalkwyk 46
- Hannes Mills en George Deerans 46
- André Goetz en Cassie Swanepoel 46
- Jaco Pienaar en Tinus Prinsloo 45
Die naaste aan die penne is gewen deur Henk Pienaar op 6/15 en Ernest Roux op 9/18.
Die naaste aan die pen vir twee op nommer 3 is ook deur Henk Pienaar gewen.
Baie dankie aan Abrie Barkhuysen en Prima Part vir jul volgehoue ondersteuning aan die Boggomsbaai Gholfklub. Dit word opreg waardeer.
Saterdag
Môre, Saterdag 23 Desember, borg Buffelsdrift Game Lodge van Oudtshoorn 'n IPS- geelbalkompetisie.
Dit beloof om 'n lekker dag met groot en baie pryse te wees, so kom en ondersteun ons asseblief.
Inskrywingsgeld is R100 per speler en daar gaan 'n shotgun start wees om 10:00.
Inskrywings kan by André Beukes gedoen word by 082 460 0503.
Wenners van die Prima Part-borgdag: André Beukes en Andries van Schalkwyk, David Uys en Gerald Myburgh, Liam Uys en Fynn Thorenson.
Ek wens graag al die lesers van die Mossel Bay Advertiser en getroue ondersteuners van die Boggomsbaai Gholfklub 'n baie geseënde Kersfees toe en hoop dat die nuwe jaar vir julle almal baie vreugde en voorspoed sal inhou.
Tot 'n volgende keer.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'