'n Totaal van 110 spelers het afgeslaan en is behoorlik deur 'n sterk wind op die baan gekasty; tog het hulle talle uitstekende pryse ingepalm.
Maatskappye was baie goed verteenwoordig en talle het ook bowwe of putjies geborg. Die eerste vier spelers het met kontantpryse, geborg deur Investec, gespog, terwyl Bartelsfontein en andere ook pryse geborg het.
Talle spelers het die organiseerders geloof vir die talle goeie pryse, en almal was dit eens dat Marika Thomatos en dr Paul Kruger van die Besigheidskamer bedank moet word vir die puik reëlings.

Verskeie maatskappye, onder meer Jakkalsvlei, het putjies geborg. Hier skink dr Paul Kruger ywerig vir die spelers van Jantjie Jonker van Jakkalsvlei se heerlike wyne.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'