BOGGOMSBAAI GHOLFNUUS - André Beukes, Boggomsbaai-gholfklub se bestuurder en baanopsigter het Saterdag, 27 Februarie 'n kolhou op die 18de putjie geslaan tydens 'n kompetisie wat elke maandeinde deur die klub se spelers gehou word.
André se kolhou is die eerste wat hy in sy 19 jaar van gholf behaal.
Hulle sê dis 'n gelukhou, maar 'n mens kan net so wel daarna kyk as die perfekte hou.
Baie dankie aan Gerrie Gouws, een van ons medespelers, se spesiale prys wat hy voor die kompetisie net vir die 18de putjie gereserveer het. Dit het seker André se dag nog meer spesiaal gemaak.
Die vleis wat as pryse aan die wenners gegee word, is deur Pieter en Barend Steyn van 'n besigheid in Voorbaai geskenk. Toe die klub se bemarkingsman, Flaps Winterbach by dié besigheid gaan aanklop het om vleispryse vir die dag te koop, bied die eienaars aan om dit vir die kompetisie te borg. Wat 'n aangename verrassing en wonderlike gebaar.
Uitslae
Die IPS-kompetisie is deur die volgende spelers gewen: 1. Angus Frans 44, 2. Tannah Harris 42, 3. Chris Feiertag 40, 4. Ettiene Schmidt 38, 5. Ernest Roux 36, 6. George Deerans 36, 7. Willem du Plessis 34.
Die naaste aan die pen op 15 is deur George Deerans gewen en Marius Loubser wen die prys wat Julyan Bruyns geborg het op 8/17 vir die naaste aan die putjie vir 2.
Gholfers word herinner aan Boggomsbaai se beginnersdag op 20 Maart. 'n Gholfspeler en nie-gholfer speel dan saam in 'n tweebal-scramblekompetisie.
Kontak vir Flaps Winterbach (072 483 3770) of André Beukes (082 460 0503) vir meer besonderhede en of inskrywings.
'Ons bring jou die nuutste Boggomsbaai, Tuinroete nuus'