MOSSELBAAI GHOLFNUUS - Die All Saints Kerk hou op Sondag, 2 Mei 'n gholfdag by die Mosselbaai-gholfbaan.
Die kompetisie sal in die vorm van 'n individuele stableford (IPS) gespeel word met speelfooie wat R260 per speler beloop.
Aantreklike pryse asook gelukstrekkings is op die spel.
Inskrywings kan by die kerkkantoor (044 693 3858) gedoen word. Speelfooie kan voor of op 30 April by die kerkkantoor betaal word of in die All Saints Funds se bankrekening. Bankbesonderhede kan by die kerkkantoor verkry word.
Vir verdere navrae kan Peter Fillies (082 374 8641) of vader Lyndon du Plessis (082 560 6890) gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'