Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit se jeugkantoor en die Garden Route Casino bied weer eens vanjaar ‘n strandsportprogram op Santosstrand aan.
Die program is op die jeug gemik om hulle konstruktief besig te hou.
Die pret het reeds einde November met 'n strandkriekettoernooi afgeskop gevolg deur 'n strandsokkerprogram.
Die strandsokker het verlede week plaasgevind.
Die strandrugbyprogram neem op Woensdag, 13 Desember ‘n aanvang, en eindig op Vrydag, 15 Desember.
Inskrywingsvorms is by die Binnenshuise Sportsentrum in Sampsonstraat, Uitbreiding 23 verkrygbaar.
Meer inligting kan verkry word deur die jeugkantoor (044 606 5224 of yvanaswegen@mosselbay.gov.za) te kontak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'