SUID-KAAP SOKKER NUUS - Albertinia het Sondag lelik vasgeval teen Henra Sokkerklub en die wedstryd op hul tuisveld met 2-3 verloor.
Die besoekers van Mosselbaai het met oortuigende spel die span van Albertinia gewys hoe sokker gespeel moet word.
Albertinia het met 2-0 agtergeloop, maar nooit tou opgegooi nie.
Die doelskieter, Thabiso Masuku van Albertinia het vir 'n verrassing gesorg en sy span se eerste doel aangeteken. Met die telling 2-1 in die guns van Mosselbaai slaan die besoekers toe met nog 'n doel om die telling 3-1 te maak.
Die afrigters en bestuur van die tuisspan was glad nie in hul skik met die dag se spel nie en het resewekrag ontplooi. 'n Paar minute voor die einde van die wedstryd slaan die tuisspan toe met nog 'n doel deur Yamkela Mgodlo (15) en maak telling 3-2.
Maar die tyd was teen die tuisspan en hulle verloor die wedstryd.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'