MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Punt is baie trots op hulle eerste krieketspan.
Hulle speel vandag by die Van Riebeeck-stadion, Mosselbaai, teenoor Bridgeton Hub in die finaal van die SWD Superliga vir skole.
Punt se span, onder leiding van afrigter Curtly Kannemeyer het die afgelope drie jaar ongelooflik baie vermag op die krieketveld om te vorder tot by die finaal van die Superliga.
In 2021, na COVID, was krieket die eerste sport wat kon begin speel.
Op daardie stadium was Punt se o.19A-span ingedeel in die B-liga van die Superliga.
Harde werk
Met harde werk en baie ure wen hulle die B-liga daardie jaar.
Volgens 'n Puntwoordvoerder: "Die opeenvolgende jaar was ‘n groot leerkurwe en moes ons as ‘n span op die harde wyse leer hoe om kompeterende krieket op die hoogste vlak te speel en ook vas te hou aan ons plek in die Super A-liga.
"Ons is in ‘n finaal in die hoogste moontlike liga. Ons is trots op elkeen van ons manne en weet dat met nederigheid en vertroue in ons Skepper, enigiets moontlik is."
AGTER: Rudolf Botha (bestuurder), Stephan Heynecke, MC Smit, Ian van der Westhuyzen, Marinus van der Mescht, Ricus van Rooyen en Jan-Ockie Meyer. VOOR: Hardus Kleynhans, Jesse Lewis, Fanie Keyser en Gerhard Brandt. AFWESIG: Lincin Stevens, Kai Schoeman, Umar Kajee en Curtly Kannemeyer (afrigter).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’