Die SWD-span het verlede seisoen teleurstellend vertoon in die Krieket Suid-Afrika Vroue Uitdaagreeks en ‘n groot taak wag op Hannie en die spelers. Me Debbie le Roux is die spanbestuurder.
Die SWD se veldtog vir die nuwe seisoen skop af wanneer hulle op 8 Oktober teen Kei in Fort Beaufort speel. SWD het sy enigste twee oorwinnings verlede seisoen teen Kei behaal.
Die volledige program vir die SWD Vroue-span is:
- 8 Oktober: Kei vs SWD (Ngumbela Park, Fort Beaufort)
- 14 Januarie: WP vs SWD (Kaapstad)
- 15 Januarie: Boland vs SWD (Paarl)
- 28 Januarie: SWD vs Grens (Oudtshoorn)
- 29 Januarie: SWD vs OP (Oudtshoorn)
- 25 Februarie: SWD vs WP (Oudtshoorn)
- 26 Februarie: SWD vs Boland (Oudtshoorn)
- 10 Maart: Grens vs SWD (Oos Londen)
- 11 Maart: OP vs SWD (Port Elizabeth)
- 24 Maart: SWD vs Kei (Oudtshoorn).