MOSSELBAAI NUUS - Mayflower-krieketklub van Groot-Brakrivier het op Saterdag, 6 Januarie in 'n SWD Promosieliga tuiswedstryd teen Kranshoek Cobras van Plettenbergbaai meegeding en geseëvier.
Mayflower het die loot verloor en is gevra om eerste te gaan kolf. Hulle teken 286/8 in hul toegelate 50 boulbeurte aan met kaptein Wietsche van der Westhuizen wat het 'n prag 89 lopies aangeteken waarvan agt viere en drie sesse was.
Hy is goed ondersteun deur Anville "Mieks" van Wyk wat 'n blitsige 50-tal van net 28 balle aanteken.
Kranshoek Cobras wat teen die tyd nie meer gif in hul arsenaal gehad het nie, word almal in 'n rekord tyd vir net 21 lopies uitgeboender en gee aan Mayflower 'n welverdiende bonuspunt oorwinning van 266 lopies.
Die Mayflower-krieketspan van Groot-Brakrivier na hul oorwinning oor Kranshoek Cobras.
Mayflower moedig alle voornemende borge aan om hulle te ondersteun, vir enige verdere inligting skakel die voorsitter Donovan Claassen (072 476 5081).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'