MOSSELBAAI NUUS - Dertien krieketspanne van regoor die land het vanaf 4 tot 7 Oktober in die vierde agtereenvolgende o/13-krieketfees deelgeneem, dit te midde van die jaarlikse Mosselbaai Sport- en Rekreasiefees.
Die o/13-krieketfees wat deur die Mosselbaai-krieketklub (MBKK) aangebied is, het in ideale weer en 'n feestelike omgewing plaasgevind en het uitstekende krieket opgelewer.
Sewe spanne het onderskeidelik vanuit Ladysmith, Benoni en Johannesburg, Durbanville en Bellville aan die fees deelgeneem.
Peninsula-krieketakademie van Bellville het in al vier die MBKK o/13-toernooie deelgeneem.
Die ander ses spanne is almal van die Eden-omgewing en sluit een span elk in van Oudtshoorn, George, Riversdal en twee van Mosselbaai naamlik Milkwood Primary en D'Almeida Hub.
Durbanville het oudergewoonte oorheers met drie van hul onderskeie spanne wat in die beker- en plaatfinale gespeel het. Durbanville CC Eagles het met die louere weggestap toe hulle verlede jaar se wenners, Curro Durbanville, in die bekerfinaal geklop het.
Penisula is die wenners van die bowl-afdeling.
Durbanville CC Falcons het die plaatfinaal teen Laerskool Rynfield van Benoni gewen terwyl Peninsula die bowl-trofee vir hulself toegeëien het teen die plaaslike Hubspan van D'Almeida.
Durbanville CC Eagles is die wenners van die beker-afdeling.
Hoewel die fees groot belofte toon is die deelnemende spanne die jaar beperk tot 'n maksimum van 13 in 'n poging om al die wedstryde sentraal te hou en op wat seker die mooiste stadion met van die beste fasiliteite in Suid-Afrika is, op die Van Riebeeck-stadion te speel.
Durbanville Curro is die naaswenners in die beker-afdeling.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'