In die eerste van die drie wedstryde het Whalers teen Kings te staan gekom met Kings wat as wenners van die veld stap.
Whalers vs Kings
Kings kolf eerste teen die span van die Whalers en maak benut van die volle 20 boulbeurte om 168/3 aan te teken. R de Reuck (30*), B Samsodien (30*) R Wesso (30*) en Craig Thana (32*) was Kings se beste lopiemakers. Mark Goldin 1/10 was Whalers se beste bouler en benut ook twee uithardloopkanse.
Whalers kon net 60/10 in hul 20 toegelate boulbeurte aanteken met Heine Benn (junior) met 17 die beste loppiemaker.
Die Kings se beste boulers was R de Reuck (2/5), Craig Thana (3/5) en Robert Jansen (3/2).
Kings wen die wedstryd met 108 lopies en dring deur tot die semi-finaal.
Craig Thana van Kings word aangewys as die Jakkalsvlei Kelders Speler van die Wedstryd.
Frameless Glass vs Sussex
Tydens die wedstryd tussen Frameless Glass en Sussex kolf Sussex eerste en teken 183/4 in hul 20 beurte aan.
R Plaatjies (32*), J Samsodien (29), L Olckers (30*) en W de Jager (35*) was beste lopiemakers.
'n Totaal van 19 x 4 en 2 x 6 grenshoue is geslaan. L le Roux (1/14) en A Pace (1/15) neem paaltjies vir Frameless Glass.
Frameless Glass teken hierna 108/8 in hul 20 boulbeurte aan. E Koen (24) en N Alberts (19) was beste lopiemakers.
Wayne de Jager (2/4), C Cocking (1/9), J Samsodien (2/10) en A Groenewald (2/19) was die beste boulers vir Sussex. Sussex wen met 75 lopies.
C Cocking van Sussex word aangewys as die Jakkalsvlei Kelders Speler van die Wedstryd.
Semi-finaal
In die eerste semi-finaal van die Beker-afdeling kom Sussex teen Titans te staan.
Sussex wen die loot en besluit om eerste te kolf teen die taai span van Titians.
Sussex sukkel om lopies aan te teken en kon net 123/9 in hul 20 boulbeurte behaal. L Trim (30*), C Jansen (21) en J Jeonna (22) was Sussex se beste lopiemakers.
R Moore vaar goed in die veld asook met die bal. Hy neem 2/8, benut een uithardloopkans asook twee vangkanse. M Rherr (1/16), C van Schalkwyk (1/6) en K Swanepoel (1/16) was die ander paaltjienemers. Titians bereik die wentelling in die 15de beurt met die verlies van slegs twee paaltjies. Jac Theron (34*), M Rherr (30*) en F Theron (26) was die span se lopiemakers. Wayne de Jager (1/10) was die beste bouler vir Sussex.
R Moore van Titans word aangewys as die Jakkalsvlei Kelders Speler van die Wedstryd.
C Cocking van Sussex word aangewys as die Jakkalsvlei Kelders Speler
van die Wedstryd. Hier ontvang hy sy prys van Sean Manho.
Rowan Moore van Titans word aangewys as die Jakkalsvlei Kelders Speler
van die Wedstryd. Hier ontvang hy sy prys van skeidsregter Cassie Marx.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'