TUINROETE NUUS - Die gewilde KFC Punt-krieketfees word vanjaar vir die 19de jaar deur Hoërskool Punt, in samewerking met KFC Heiderand en Da Nova, aangebied.
Die fees het sy ontstaan gehad uit die behoefte om 'n platform vir die ontwikkeling van die spel in die SWD te vorm, die bou van vriendskappe en die bevordering van Mosselbaai, die dorp, in breë.
Die fees het oor die jare van krag tot krag gegroei, waar dit vandag staan met 26 skole van regoor die land wat hier in die SWD kom en krieket speel.
Wedstryde word in Oudtshoorn, George en Mosselbaai gespeel.
"Ons het ook die afgelope twee jaar, na afloop van die fees, 'n feesspan gekies, wat in samewerking met Travel Sport twee suksesvolle toere na die buiteland afgelê het.
Die fees vind vanaf 29 September tot 3 Oktober plaas as deel van die Mosselbaai Sportfees.
"Kom geniet lekker, opwindende krieket van die top skole in die land en ontspan in die lekker lenteson," sê krieketfees hoof-organiseerder Rudolf Botha.
Vir enige navrae kan Botha gekontak word by puntkrieketfees@gmail.com.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'