MOSSELBAAI NUUS - 'n Belowende jong krieketspan van die D'Almeida Hub het onlangs 'n rekordsege in die o/15-skoleligawedstryd vir seuns teen Hoërskool Sentraal op Beaufort-Wes behaal.
D'Almeida Hub het eerste gekolf en 'n allemintige 461 lopies aangeteken. Die uitblinkers met die kolf was Lee-Jaydin Pieters (127), Kyle de Jager (83), Mccullen Booysen (75) en Keano Witbooi (55).
Die beste boulers was Mccullen Booysen (4/8), Amyoli Majodina (2/1), Joshua Diamond (2/11) en Chadley Boshoff (2/12).
Hoërskool Sentraal is uitgeboul vir 'n skamele 36 lopies. D'Almeida Hub het die wedstryd met 425 lopies gewen. D'Almeida Hub het in hul laaste o/15 skoleligawedstryd vir seuns 'n goeie sege behaal teen Oakdale Landbouskool se o/15 B en die ligaseisoen op 'n suksesvolle wyse afgesluit.
Hierdie span het 'n bestendige seisoen gehad deur ses van hul 10 ligawedstryde te wen.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'