OUDTSHOORN NUUS - Die WSB Cape Cobras sal van Maandag 23 Oktober tot Donderdag 24 Oktober vir groot opwinding in Oudtshoorn sorg, wanneer hulle die Hollywood Bets Dolphins op die Rec die stryd aansê.
Die wedstryd is deel van die Sunfoil-krieketreeks.
Met ter perse gaan was nie een van die twee spanne se gekose spelers bekend gemaak nie, maar dit word algemeen aanvaar dat die Protea-speler, Vernon Philander, vir die WSB Cape Cobras in aksie sal wees.
Beide spanne is tans in aksie in die vierde ronde van die Sunfoil-krieketreeks (Cobras teen Warriors op Nuweland en Dolphins teen Titans in Pietermaritzburg).
Na afloop van dié wedstryde sal die spanne bekend gemaak word.
Internasionale spelers, soos Morné van Wyk, Khaya Zondo en Dane Villas het aangedui dat hulle beskikbaar is om vir die Dolphins in Oudtshoorn te speel.
Spel begin daagliks om 10:00.
Toegang is gratis.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'