Kings het eerste gekolf en gesukkel om lopies aan te teken. Hulle word met hul telling op 55, almal uitgehaal. B Samsodien 18 en J Jansen 15 was hul span se beste kolwers. Jac Theron 2/5, Rowan Moore 2/3 en Ricky Lessing 44/4 was die paaltjienemers vir Titans.
Titans verloor 2 paaltjies in die hul eerste boulbeurt en verloor 'n derde een met slegs 6 lopies op die telbord. Hulle staan egter hierna vas en bereik die wentelling na 15 boulbeurte vir die verlies van 4 paaltjies.
Hendrik Fourie 14, Rowan Moore 14* en Christo van Schalkwyk 15* was die beste lopiemakers vir Titans, met Carla Thana 2/5 wat die beste met die bal vaar vir die Kings.
Marais Pelser word aangewys as die Jakkalsvlei-speler van die wedstryd.
GAGS vs Korrektiewe Dienste
Tydens die wedstryd tussen GAGS en Korrektiewe Dienste kolf laasgenoemde span eerste en teken 149/5 in hul toegelate 25 boulbeurte aan. Ryk Smit, een van die Aandliga se borge, het in die kolfbeurt vir Korrektiewe Dienste 31* (4 x 4) geslaan met JC Scholtz 30*.
E Erasmus 1/14 en E Meyer 1/14 was die beste paaltjienemers vir die span van GAGS.
GAGS kon in hulle beurt net 95/10 aanteken. Jerry van der Mescht (jnr) 2/12 en JC Scholtz 2/0 het die beste met die bal gevaar.
Jerry van der Mescht (jnr) word as die Jakkalsvlei-speler van die wedstryd aangewys.
Sussex vs Mosselbaai
Tydens die wedstryd tussen Sussex en Mosselbaai kolf Mosselbaai eerste en teken 107/10 in 19 boulbeurte aan. Gehard Lewis 24 en Abri Cilliers 21 was die beste kolwers vir Mosselbaai.
Vicky Essau 2/17 en Angelo Groenewald 3/15 vaar die beste met die bal vir Sussex.
Sussex kon net 92/10 aanteken en benut 19 boulbeurte hiervoor. Vicky Essau 38* was die beste kolwer.
Mosselbaai se paaltjienemers was Raldu Potgieter 2/16 en Rudi Claassen 4/7.
Rudi Claassen word aangewys as die Jakkalsvlei-speler van die wedstryd.
Jerry van der Mescht (regs) ontvang sy prys as Jakkalsvlei-speler van
die wedstryd van Mark Goldman.
Marais Pelser (regs) ontvang sy prys as Jakkalsvlei-speler van die
wedstryd van Ricky Lessing.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'