Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Central Gauteng Athletics (CGA) het tussen 31 Julie en 2 Augustus in vennootskap met die Pierre Blignaut Akademie, 'n globale virtuele worpekompetisie (gewigstoot en diskus) aangebied.
Plaaslik het leerders op Saterdag, 1 Augustus by Laerskool Hartenbos hulle vernuf na die maande van inperking tydens die Covid-19-pandemie getoets.
Volgens Marilize Coetzee, organiseerder van die plaaslike kompetisie is die doel van die virtuele kompetisie om die atlete aktief te hou. Verder kan die kompetisie selfs in die gerief van jou eie agterplaas of enige oop stuk veld plaasvind.
Dit word in lyn met die regulasies ten opsigte van Covid-19 gehou en geen toeskouers word toegelaat nie.
Kyk 'n video hieronder:
Die kompetisie maak voorsiening vir onder 12, -14, -16, -18, -20, seniors, meesters en paraplegiese atlete. Waar jy ook al jou inskrywing doen, moet jy 'n ononderbroke video maak van jou gooi en dan die afmetings op video vaslê. Elke deelnemer kry ses kanse. Al die uitslae tesame met die video's word dan na CGA gestuur en word die wenners in elke ouderdomsgroep dan bekend gemaak.
Volgens Jacques van Rensburg, deelnemer aan die kompetisie, het hy darem kon oefen tydens die Covid-pandemie, maar sy tegniek het 'n effense knou gekry. Mike Coetzee het aan die Mossel Bay Advertiser gesê dat al kan hulle nie aan die SA kampioenskap deelneem nie, kan hulle ten minste nou aan ander kompetisies deelneem. Volgens CGA gaan hierdie kompetisies, waarvan die inskrywing gratis is, gereeld gehou word. Vir meer inligting besoek www.centralgautengathletics.co.za.
Graad 9-leerder, Jacques van Rensburg het aan die virtuele gewigstoot- en diskuskompetisie deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'