SPORTNUUS - Die eerste Ultra Trail Sleeping Beauty (UTSB) het op Saterdag 5 April op Windhoek-gasteplaas buite Riversdal met sowat 263 deelnemers plaasgevind.
Wat ’n spesiale geleentheid was dit nie om hierdie eerste UTSB by te woon.
Die gees was ongelooflik van die 65 km-wedloop wat in die donker weggespring het tot die 40, 20 en 10 km.
Die vervoer na die wegspring van die 10 en 20 km het my aan die Meiringspoort-marathon laat dink. Die organiseerders het ’n ongelooflike werk gedoen.
Die roete in die berg, tussen fynbos, die plantasie, verby die dam en al die brawe atlete wat tot by die Sleeping Beauty-piek en terug gehardloop het, het werklik die laaste opdraande die moeite werd gemaak.
Ma en dogters van George doen UTSB. Van links is Francisca Zaaiman (wat die 3de vrou was in die 10km-wedloop), Emsie Martin en Stephanie Schutte wat ook in die 10km-wedloop deelgeneem het. Die jongste sussie, Edith Martin, het Sondag aan die Two Oceans halfmarathon deelgeneem.
Vervoer vanaf die wedloopdorp tot by die wegspringpunt van die 20 en 10km met een van die organiseerders Tielman Roos voor.
Francisca Zaaiman was die 3de vrou in die 10km-wedloop. Foto: Deidré Cloete
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’