MOSSELBAAI ATLETIEK-NUUS - Hartenbos Drawwers hou elke Dinsdag 'n tydtoets vanaf hul klubhuis by Diasstrand.
Die tydtoets begin om 18:00. Op die laaste Dinsdag van die maand word daar 'n spesiale tydtoets gehou met gelukstrekkings.
Die tydtoets is oop vir almal en nie net Hartenbos Drawwers se atlete nie. Hulle nooi alle belangstellendes om by hul tydtoets aan te sluit - jonk en oud, drawwers en stappers. Daar is 'n 3km- en 6km-afstand. Die wat nie so fiks is nie, kan aan die 1km of 2km deelneem wat ook vir jonger kinders geskik is. Deelname is gratis.
Vir enige navrae kontak die voorsitter, Johan Viljoen (082 940 8830) of Michele Schermbrucker (082 563 1750).
Uitslae van 17 Julie
3km: Llewellyn Viljoen 10.27; Gilermo Lamini 10.29; Mkhanyisi Zuly 12.14; Kaleph le Riche 12.20; Jandre Snyders 12.29; Adriaan Fourie 12.56; Alison Nell 13.29; Jake Nell 13.29; Clem Eccles 13.47; Barend van der Merwe 16.03; Alexis Nell 17.22; Sylvia Laangmark 17.38; Igna Barnard 19.06; Hettie Lottering 20.30; Michele Schermbrucker 20.30; Alta Gerber 21.30; Mandy Phelps 26.49.
6km: Stephen Fourie 23.41; Jacques Fourie 23.41; Vincent Tshabane 28.21; Andy Cupido 28.40; Alfonso Jantjie 28.56; Shikaar Singh 29.43; Marianne van Eeden 30.19; Maryke Sass 30.41; Sonja Munro 31.09; Abongile Menemene 31.09; Nina Mulder 34.08; Elizabeth Viljoen 34.30; Rika Spang 34.41; Diaan Oosthuizen 34.56; Steve Phelps 35.31; Meshack Masilela 38.27.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'