MOSSELBAAI NUUS - Die 30ste Highgate interprovinsiale tweekampbyeenkoms wat die afgelope naweek by die De Jager-sportkompleks en NA Smit-swembad op Oudtshoorn plaasgevind het was 'n reusesukses met altesaam 435 atlete van sewe provinsies wat deelgeneem het.
Eden-streek kon daarin slaag om 14 medaljewenners op te lewer. Boonop is dié streek se Benjamin Bond as junior victor ludorum aangewys.
Hoërskool Outeniqua het die goue medalje in die hoërskole-afdeling gewen met Laerskool George-Suid wat die silwer medalje in die laerskole toernooi ingepalm het.
In die spankompetisie het Boland vanjaar die bordjies verhang en WP in die tweede plek ingedruk met Eden in die derde plek gevolg deur OP, GW, Grens en SFS. Die SA-kampioenskappe is vanjaar op 1 en 2 April in Gqeberha.
Johan Windt van Mosselbaai (Eden) het goud verwerf.
Eden se medaljewenners
- o/8 seuns - Rudolf Smith (brons)
- o/9 meisies - Annabel van der Merwe (goud)
- o/9 seuns - Benjamin Bond (goud)
- o/11 seuns - Caleb Coates (brons)
- o/13 meisies - Arabelle Grutter (silwer)
- o/13 seuns - Johannes Brink (brons)
- o/19 meisies - Petro-Marié Fourie (silwer)
Junior mans - Hendrik Visser (silwer)
- Meesters 40+ vroue - Esrie Bezuidenhout (silwer)
- Meesters 60+ mans - Johan Windt (goud)
- Meesters 70+ vroue - Marilyn Orrie (goud)
- Meesters 70+ mans - Mike McDonald (silwer)
Die volgende atlete is aangewys as die ludorum-atlete van die byeenkoms
- Junior victor - Benjamin Bond (Eden)
- Junior victrix - Simone van der Merwe (WP)
- Senior victor - Garith Haarhoff (Boland)
- Senior victrix - Ilse Beukman (Boland).
Hendrik Visser van Eden (groen) op pad doellyn toe.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'