SWD, wat deelgeneem het teen die Grens, OP en Vrystaat, het ook 'n algeheel tweede plek in die spankompetisie behaal en so stof in die oë van Grens en Vry-staat geskop.
Die medalje-oes het vyf goud, ses silwer- en een bronsmedalje ingesluit. Vyf SWD-atlete het ook onder die topvyf in hul ou-derdomsgroepe geëindig. SWD se Reinhardt Haupt het ook vir een van die byeenkoms se hoogtepunte gesorg toe hy die 100 m-swem in 57,80 afgelê het, dit nadat hy reeds die 2 000 m-hardloopitem voltooi het.
Die wenners was:
Dogters o.9: Lia Kotze Goud 2021;
Seuns o.9 Luca Potgieter Goud 2082;
Dogters o.13 Trisha Policutte Goud 2260;
Dogters o.13 Kirsten Barbour Silwer 2241;
Seuns o.13 Eugene van der Merwe Goud 2277;
Seuns o.13 Gustav Schlechter Silwer 2129;
Seuns o.15 André Kleyhans Silwer 2125;
Dogters o.17 Yvonne du Plessis Silwer 2188;
Seuns o.17 Reinhard Haupt Goud 2217;
Seuns o.19 Dylan van Wyk Silwer 2197;
Dames Ope Stephnie McKay Goud 1838 en
Mans Ope Francois Maquassa Silwer 1807.

Francois Maquassa
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'