Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die 2018 Bestmed-straatmylreeks is op Woensdag 14 November tydens ‘n glansryke geleentheid by Na Donker-restaurant in Hartenbos amptelik bekendgestel.
Die reeks, wat oor drie bene strek, skop op 17 Desember in Oudtshoorn af as die Klein Karoo Bestmed-straatmyl met ‘n straatmyl, atletiek en fietsry.
Dit word op 19 Desember by die NMU in George voortgesit met bergfietsry, ‘n straatmyl en staproetes in die Outeniquaberge se wandelpaaie. Op 21 Desember vind die ATKV Hartenbos se straatmyl plaas, met nog verskeie items, wat ook sport op die strand insluit.
By die opening het Karen Phipson (ATKV Hartenbos se hoof van bemarking) Bestmed bedank vir hul bydrae tot die sukses van die straatmylreeks. “As dit nie vir Bestmed was nie, sou hierdie reeks nie ‘n sukses gewees het nie,” het sy aan Wicus Kotzé, Bestmed se bestuurder gesondheidsorg, gesé.
Phipson het die klem daarop gelê dat mens moet belê in opkomende sportlui se toekoms. “Ons is opgewonde oor vanjaar se straatmylreeks.”
“Vir ons is dit belangrik om te belê in dit wat dieselfde waardes as ons dra. Ons wil ‘n verandering maak deur sport,” het Hugo Laubser namens NMU gesê.
Lees meer in môre se Mossel Bay Home Ads News, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'