Advertorial Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Spanne het dit vandeesweek weer uitgespook om hulle deel van die prysgeld te wen in vanjaar se Mosselbaai Mall Straatmyl ten bate van Kansa.
Vanjaar is die Straatmyl vir die vierde keer aangebied op Dinsdag, 3 September.
‘n Totaal van 37 spanne het ingeskryf, 10 meer as in 2018 wat beslis goeie nuus is. Die Mosselbaai-munisipaliteit het vanjaar hul staal gewys, deur die meeste spanne in te skryf.
Soos in vorige jare, was die parkeerterrein van die Mosselbaai Mall ‘n mengelmoes van kleur soos die spanne aangekom en deelgeneem het in hulle unieke spandrag.
Die wenners is soos volg:
Besgeklede span:
Mosselbaai Verkeer en Object Café
Onderneming / besigheid met die meeste spanne ingeskryf:
Mosselbaai-munisipaliteit
Skool met die meeste spanne ingeskryf:
Curro Mosselbaai
Eerste besigheidspan en algehele wenner:
Dis-Chem George (4:10)
Eerste skolespan:
Curro Mosselbaai (4:34)
Kyk 'n video hieronder:
Baie dankie aan almal wat die Straatmyl ondersteun het.
Borge:
Mosselbaai Mall
Dis-Chem
InTuition Training
King’s Choc & Biscuit
Mossel bay Advertiser
Woolworths Mosselbaai Mall
Anysberg Biltong
Vodacom Mosselbaai Mall
The Merchant Mosselbaai Mall
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'