MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Punt se Jordan Jaars is in die Wes-Kaapse skole-atletiekspan ingesluit vir spiesgooi, seuns o/15.
Jordan het sy persoonlike beste van 58m tydens die Wes-Kaapse byeenkoms gegooi en 'n goue medalje verower.
Jandri Snyders van Punt het tydens dieselfde byeenkoms in die 800m 'n silwermedalje verower.
Jordan sal vanaf 21 Maart in Port Elizabeth aan die SA hoërskole-atletiekbyeenkoms deelneem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'