SPORTNUUS - Kleintjie van Schalkwyk van die Hartenbos Drawwersklub, gaan Sondag haar 35ste Comrades-ultramarathon aandurf.
Dié Mosselbaaier is die rekordhouer vir die vrou wat die meeste Comrades voltooi het.
Kleintjie is een van ses atlete van die Hartenbos Drawwersklub wat Sondag aan die 96ste Comrades sal deelneem. Die ander vyf atlete wat die Drawwers gaan verteenwoordig is Ronel Moller (agtste), Christo Prinsloo (agtste), Chris Moller (sewende), Rene van den Berg (derde) en Gerhard Beeslaar (tweede).
Die klub het op Vrydag, 2 Junie, 'n Comrades-funksie gehou om dié atlete voorspoed toe te wens.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’