MOSSELBAAI NUUS - Romé Phillipson-Meyer (7:52.19) van Hartenbos Drawwers-atletiekklub het Saterdagoggend 'n uitsonderlike prestasie behaal deur die tweede Atletiek SWD-vroueatleet in 47 jaar te word wat die ope vroue-afdeling kon wen in die Karoo Ultra 80km-padwedloop in Laingsburg.
Die wedlope wat by die JJ Ellis-sportgronde begin en geëindig het, is deur Laingsburg-atletiekklub in samewerking met hul plaaslike munisipaliteit aangebied.
Mxolisi Fana (6:20.16) van Grashoppers Outeniqua Harriers en Anthony Kedama (6:43.18) van Nedbank SWD was onderskeidelik tweede en derde oor die wenstreep in die veterane-afdeling vir mans.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'