MOSSELBAAI NUUS - 'n Sagte reëntjie kon op Saterdag, 30 Desember nie die entoesiasme tydens die gewilde Moordkuil-wedloop op Friemersheim demp nie.
Die Total Groot Brak 15km-wedloop word nou gegradeer as een van die vyf moeilikste 15km-wedlope in Suid-Afrika.
Die wedloop is gewen deur Ronen Oosthuizen, 'n junior van Protea in 'n tyd van 56:04. Leilanie Scheffer van KPMG het die vroue afdeling gewen in 1:04:08.
Nico Dippenaar, die borg van Total Groot Brak het die dag saam met die deelnemers geniet en al die pryse oorhandig. Daar was ook hope gelukstrekkings.
Volgens klubs het die deelnemers soos volg geëindig:
Hartenbos Drawwers se Phillipus du Toit (1:10:11) 1ste van die klub, Jan du Toit (1:20:25) 2de en 3de is Koos Smit (1:25:20).
Gerhard Fourie (2:18:56) 1ste, stapper. Nerida Lubbe (1:15:17) 1ste veteraan en 1ste van die klub, Marianne Maartens (1:24:04) 2de, Annetjie Pretorius (1:28:51) 3de. Nedbank SWD se Eddie Mouton (1:06:52) 1ste veteraan, Anton Chevalier (1:07:12) 2de meester, Louis van der Vyfer (1:14:47) 1ste G/M en Andre Bernardo (1:19:01) 2de G/M. Annetjie Botes (1:14:05) 2de algehele dame en 1ste G/M. Laura Venter (1:29:54) 1ste Meester. Sinead Hattingh (1:59:17) 1ste stapper en Cherylynn Wium ( 2:06:25) van Helderberg Harriers 2de. Mosselbaai Harriers se Selwyn Losper (1:00:13) 3de algeheel en 1ste meester. Outeniqua Harriers se Kobus Boshoff (1:09:51) 2de veteraan. Met tydelike nommer eindig Gareth Jooste (57:58) algeheel 2de al die pad van Botswana en Madelaine le Roux (1:14:22) algehele 3de dame. Arianne v Zandbergen (1:20:54) 2de veteraan van Cape Multi Sport, Loodjie v Dyk (1:33:07) 2de meester dame van SINVAC en Irene Schaeffer (1:24:23) van RWFL 2de G/M.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'