MOSSELBAAI ATLETIEK-NUUS - Atlete van Hoërskool Punt het aan die Norman Hauzer-atletiekbyeenkoms op 25 Januarie in Bellville deelgeneem.
Aronne Erasmus is as die victor ludorum van die byeenkoms aangewys. Hy het aan verskillende items deelgeneem en het goed gevaar, hoewel hy nie in die top drie geëindig het nie.
Sy items was 110m hekkies, 100m, verspring en 400m hekkies.
Die volgende atlete van Punt het tydens die atletiekbyeenkoms onder die top drie geëindig:
- Anika Beukes: meisies o/15 100m en 200m - silwer
- Anika Snyders: meisies o/15 spiesgooi - silwer
- Jandri Snyders: meisies o/15 800m - goud
- Nico Weber: mans o/19 spiesgooi - silwer
- Mikyle Groenewald: seuns o/15 200m - brons
- Stefan Fourie: seuns o/17 400m - brons en 800m - goud
- Lee Wildemans: seuns o/14 100m - silwer en 200m - brons
- HJ Nell: seuns o/14 1 500m - goud
- Dylan Boshoff: seuns o/15 diskus - silwer
- Callie Schutte: seuns o/17 verspring - brons
- Remile Moos: seuns o/14800m - brons
- Jordan Jaars: seuns o/15 spiesgooi -goud
- Mario Swanepoel: seuns o/15 hamergooi - silwer
Anika Snyders het 'n silwermedalje vir spiesgooi behaal.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'