MOSSELBAAI NUUS - Ricardi Matthee van Mosselbaai het uitstekend gevaar tydens die World Para Athletics Grand Prix wat van 13 tot 19 Junie in Tunis, Tunisië, plaasgevind het.
Ten spyte van ’n sesde plek in die 100 m- T13- mansafdeling het Matthee daarin geslaag om ’n silwermedalje in die 200 m-T13 los te hardloop en verder sy merk te maak deur ’n nuwe Afrikarekord in die verspring (F13-klas) op te stel.
T13 is ’n kategorie van gesiggestremdheid.
Matthee word afgerig deur Emmarie Prinsloo van Curro Mosselbaai, ’n internasionaal erkende afrigter in verspring.
Matthee studeer tans aan die Greenside Design Centre in ’n BA-multimedia rigting.
Sy droom is om ná sy graadstudies in ’n UI/UXontwerper se rigting te werk.
Matthee se groot droom bly die Paralimpiese Spele in Los Angeles in 2028 - en Tunis was ’n belangrike tree op daardie pad.
Die Matthee-gesin bedank opreg elke borg en Ricardi Matthee ná sy prestasie in Tunisië. ondersteuner wat gehelp het om hierdie internasionale deelname moontlik te maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’