Almal is welkom.
Vir meer besonderhede, kontak André Swart (082 442 4766) of Christa Smit (072 235 4029).
MacDonalds padwedloop
Baie geluk aan die klub se atlete wat op Saterdag, 29 Junie aan die McDonalds na McDonalds 10km in George deelgeneem het. Die atlete wat kategorie pryse gewen het is: André Niemand (eerste Grootmeester), Anna-Marie Harris (eerste vroue-stapper (PB)) en Elize Kloppers (tweede vrou algeheel).
Comrades 2014
Atlete word daaraan herinner dat enigiemand wat droom om eendag aan die gewilde Comrades Marathon deel te neem, dat die Hartenbos Drawwersklub oop is vir belangstellendes en daar sal altyd lede wees om mense by te staan met oefenprogramme.
Kontak hulle gerus om deel te word van die "Comrades 2014" ervaring, wat ook Kleintjie van Schalkwyk se 30ste Comrades sal wees. Comrades 2014 gaan 'n groot een wees vir Hartenbos Drawwers. Word deel van die wonderlike ervaring!
Tydtoets uitslae
Dinsdag, 25 Junie
Drawwers 3km: Godwin Heyns 10.49, Arno Heunis 12.43, Cyril Sheen 13.52, Christian Pienaar 14.02, Monica Kriel 15.51, Jacqui Nel 16.52, Santie Swanepoel 17.45.
Stappers 3km: Lize Pretorius 24.00.
Dinsdag, 2 Julie
Drawwers 3km: Kleintjie van Schalkwyk 14:44, Chris de Wet 14.44, Monica Kriel 15.13, Elsa de Villiers 15.34, Angelique Bester 15.52, Marietjie Joubert 18.13, Gert Venter 18.13, Anthony Tustin 20.36, Thinus van Rensburg 20.37
Drawwers 6km: Dirk Joubert 26.30, Jaco Karg 26.30
Baie geluk
Baie geluk aan Jaco en Erandi Karg met die geboorte van hulle tweede kind, Milan Karg, wat op 21 Junie 2013 om 14:09 gebore is, 2,88kg by geboorte geweeg het en 47cm lank is.

Corne Dunn (links) en Seef Oosthuizen het alles ingesit. Foto: Hugo Redelinghuys

Klein Milan Karg, wat op 21 Junie gebore is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'