MOSSELBAAI NUUS - Die plaaslike langafstandatleet, Selwyn Losper het as lid van die SWD-span die afgelope naweek nóg 'n medalje tot sy versameling toegevoeg.
Op Sondag, 23 September het Selwyn aan die SA kampioenskappe oor 42km deelgeneem. Dié wedren het deel gevorm van die Kaapstad-marathon.
Hy het die wedloop in 2:46,06 voltooi en daarmee 'n silwermedalje verower.
Losper, Fana Principal, Sidwell Oktober en Anton Chevalier van SWD het ook die meesterskategorie 50 - 59 gewen.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'