MOSSELBAAI NUUS - Una Saayman (65) het verlede jaar haar 20ste Twee Oseane-marathon voltooi, en vanjaar mik sy vir haar 20ste Comrades.
Saayman, 'n lid van die SWD Nedbank-hardloopklub, is 'n bekende in Mosselbaai en het verlede jaar 'n lewenslange prestasietoekenning by die Eden-sportraad ontvang, asook 'n spesiale toekenning vir haar bydrae tot sport.
Sy is nie net die oudste Comrades-deelnemer van haar klub nie, maar mik ook vanjaar vir haar dubbelle groen nommer, wat sy sal ontvang indien sy haar 20ste wedloop voltooi.
Die klub het haar en al sy anders atlete 'n veilige reis, gunstige toestande en 'n suksesvolle Ultimate Human Race (soos dit algemeen bekendstaan) toegewens.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’