Saam met hierdie wedloop is ook 'n 4km pretdraf en 'n aflos met spanne van vyf deelnemers wat elk 2km aflê, aangebied.
Kategoriewenners in die 10- en 21km het almal goeie prysgeld ontvang, danksy die Mosselbaai Mall borgskap. Almal wat die onderskeie afstande voltooi het, het ook 'n medalje ontvang. Dan het Mosselbaai Mall, Kentucky Chicken, Minnesota en Tokada Spur en Heiderand Liquorland hoë gehalte T-hemde geborg vir al die kategoriewenners in die 10km en vir deelnemers aan die 21km. Verskeie hoë gehalte gelukstrekkings het ook bygedra tot die goeie gees en sukses van die dag.
Spesiale prysgeld het ook gegaan aan die PetroSA klub, wat die beste persentasie lede teenwoordig gehad het.
Riversdal Superkids het weggestap met die prysgeld vir die skool/organisasie met die beste verteenwoordiging.
Kategoriewenners was soos volg:
AFLOS
Die wensspan was Blessings wat die 10km in 'n tyd van 30:03 afgelê het.
4KM PRETDRAF
1ste Man: Cornelius Hendricks; 1ste Vrou: Sarah-Lee Pietersen (albei van Riverdal Superkids).
10KM
Ope Mans: 1. Lloyd Bosman (Temp) 33:27; 2. Elfonzo Pieterse (Nedbank RC George) 34:09; 3. Julius Korkee (Mosselbaai Harriers) 34:21; Ope Vroue: 1. Angeline Daries (Riversdal Superkids) 44:19; 2. Ayesha Pietersen (Riversdal Superkids) 44:42; 3. Renee Moll (Temp) 44:49; 40-49 Mans: 1. Anton Chevalier (Nedbank RC George) 39:56; 2. Michael Tobias (Temp) 47:08; 40-49 Vroue: 1. Renee Moll (Temp) 44:49; 2. Johanna Claassen (Nedbank RC George) 46:25; 50-59 Mans: 1. Hermanus Jonkerman (Nedbank RC) 40:17; 2. Hannie Kruger (Kimberley Pirats) 45:21; 50-59 Vroue: 1. Toelie Barnard (Nedbank RC George) 1:11:56; 2. Dottie Joubert (Hartenbos Drawwers) 1:14:42; 60-69 Mans: Burnett Zaayman (Bonnivale) 54:03; 60-69 Vroue: Esther Oosthuizen (Hartenbos Drawwers) 57:42; 70+ Man: Karl Hoffmann (Mosselbaai Harriers) 1:11:10; Junior Seuns: 1. Leon Adams (Riversdal Superkids) 34:17; 2. Archie Boome (Knysna Marathon Club) 38:09; Junior Meisies: 1. Angeline Daries (Riversdal Superkids) 44:19; 2. Ayesha Pietersen (Riversdal Superkids) 44:42; Stappers Mans: 1. Gavin Maila (MSC Oudtshoorn) 1:02:04; 2. David Morgan-Smith (Sedgefied Striders) 1:12:45; Stappers Vroue: 1. Anél Oosthuizen (Nedbank RC George) 58:03; 2. Esca Schoeman (Hartenbos Drawwers) 1:14:42; 1ste Hartenbos Drawwers Man: Bradley Pienaar 40:20; 1ste Hartenbos Drawwers Vrou: Lise Cornelius 45:46
21KM
Ope Mans: 1.John April (Temp) 1:15:00; 2. Melikhaya Msizi (Knysna Marathon Club) 1:15:33; 3. Lindile Tokota (Nedbank RC George) 1:16:14; Ope Vroue: 1. Lizl Grobler (Knysna Marathon Club) 1:39:27; 2. Lelané van der Merwe (Temp) 1:45:40; 3. Maryke Sass (PetroSA) 1:45:48; 40-49 Mans: 1. Lindile Tokota (Nedbank RC George) 1:16:14; 2. Fanna Principal (Mosselbaai Harriers) 1:16:37; 40-49 Vroue: 1. Maryke Sass (PetroSA) 1:45:48; 2. Kleintjie van Schalkwyk (Hartenbos Drawwers) 1:47:42; 50-59 Mans: 1. Sydney Lansberg (Nedbank RC George) 1:20:34; 2. Jacob Karelse (Mosselbaai Harriers) 1:33:07; 50-59 Vroue: 1. Sollie Liebenberg (Mosselbaai Harriers) 2:01:37; 2. Ingrid Prinsloo (Nedbank RC George) 2:01:59; 60-69 Mans: Mike Derbidge (Knysna Marathon Club) 1:56:01; 60-69 Vroue: Saundria Visser (Nedbank RC George) 2:17:05; 70+ Man: Dave Fraser (Sedgefield Striders) 2:03:46; Stappers Mans: 1. Vuyo Suko (MSC Oudtshoorn) 2:20:37; 2. Theunis Schutte (Hartenbos Drawwers) 2:35:45; Stappers Vroue: 1. Belinda Nortje (Hartenbos Drawwers) 2:41:31; 2. Zerilda Vermeulen (Mosselbaai Harriers) 2:43:04; 1ste Hartenbos Drawwers Man: Ross Lahana 1:21:54; 1ste Hartenbos Drawwers Vrou: Romé Phillipson 1:46:19
Hartenbos Drawwers, as wedloop organiseerder, bedank hul borg, Mosselbaai Mall, die deelnemers, helpers en almal wat bygedra het tot die sukses van die dag dan.
Hulle sê, "Sonder julle ondersteuning sou hierdie dag nie suksesvol aangebied kon word nie".
Besoek gerus die klub se webblad www.hartenbosdrawwers.co.za waar daar verskeie foto's van die geleentheid geplaas is.
Rig verdere navrae aan Des Harris by 083 309 8732.

Die onderskeie wenners in die 21km-afdeling.