Gallery
MOSSEL BAY NEWS - Ayanda Mncube van Ethikweni-atletiekklub het Saterdag, 6 Oktober se PetroSA 42,2km-marathon in 'n tyd van 2:21:24 gewen.
Plaaslike atlete het die ander kategorieë oorheers, hoewel hulle nie sienbaar presteer het in die ope afdeling van dié marathon nie.
Dit was egter in die afdeling vir veterane tussen 40-49 wat vier plaaslike vroue die mansatlete in die stof laat byt het.
Busiswe Matiwane (Nedbank - 3:35:38) was die eerste vrou in dié kategorie oor die eindstreep, gevolg deur drie vroue-atlete van Hartenbos, Nerida Lubbe (3;40:17), Monja le Roux (4:14:20) en Yolanda Barnard (4:30:10). In dieselfde ouderdomsgroep was Motata Senamela (SANW-Oudtshoorn - 3:10:51) die vierde man oor die eindstreep.
In die meestersafdeling (50-59) het Lidile Tokota (Nedbank SWD - 3:01:36) met die louere weggestap. Hy is gevolg deur sy spanmaat Selwyn Losper (3:03:42) en Philipus du Toit (Hartenbos Drawwers - 3:16:00). Oudtshoorn-atletiekklub se Jason Jafhta (3:43:16) was vyfde. In dié afdeling was Nedbank SWD se Una Saayman (4:51:45) die eerste vrou oor die eindstreep.
Hartenbos Drawwers se Koos Smit (3:57:56) was die vierde grootmeester oor die eindstreep.
Dit was egter in die afdeling vir veterane tussen 40-49 wat vier plaaslike vroue die mansatlete in die stof laat byt het.
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser en aanlyn vir ander uitslae.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'