MOSSELBAAI NUUS - Die gewilde Wedloop teen Misdaad wat jaarliks op Herbertsdale plaasvind, word hierdie jaar op teerpad gehardloop. Die 21.1km en 15km sal by die Agri-landbousaal begin en op die Jakalsvleipad en weer teruggehardloop word.
Die wedloop word op Saterdag, 5 Augustus deur die SAPD in samewerking met Mossebaai Harriers aangebied. Die wedloop begin om 08:00 en inskrywings kan die oggend van die wedloop vanaf 06:30 tot 07:45 in die Agri-landbousaal gedoen word.
Die inskrywingsfooie vir die 21.1km beloop R65 en vir die 15km, R55 vir gelisensieërde klubatlete en R35 ektra vir ongelisensieërde atlete. Daar sal ook 'n pretwedloop oor 4.8km wees, wat R20 per deelnemer kos.
Vir verdere inligting kontak Diane Oosthuizen (084 369 2731), Paulus Allart (073 412 5440) of Jacob Karelse (073 081 7484).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'