MOSSELBAAI NUUS - Die koue en nat omstandighede het nie verhoed dat die atlete Saterdagoggend uitstaande prestasies gelewer het by die Palm Tyres-padwedlope in George nie.
Die wedlope, wat by Palm Tyres in Courtenaystraat begin en gëeindig het en deur Rainbow-atletiekklub aangebied is, het 400 deelnemers gelok.
Die boorling van Pacaltsdorp, die Olimpiese atleet Elroy Gelant was 'n groot aantrekkingskrag.
Die 29-jarige Lloyd Bosman van Nedbank SWD-atletiekklub, het die 10km-wedloop in 'n blitstyd van 30:34 gewen. Die tyd ewenaar die rekord van Grudith Visagie van Mosselbaai Harriers-atletiekklub wat hy in 1997 opgestel het.
Bosman het ook verlede week 'n nuwe roeterekord van 29:44 opgestel by die McDonald's na McDonald's 10km-padwedloop.
Bosman het na die wedloop gesê: "Dit was lekker om saam met my vriend, Elroy Gelant, deel te neem. Hy het my gemotiveer om vanoggend die vinnige tyd te hardloop. Hoewel ek met 'n verkoue gesukkel het, het ek die week hard gewerk en is in my noppies om die 21 jaar oue rekord van Grudith Visagie te ewenaar. Dit is maar moeilik om in die winter te oefen, maar as ek beseringsvry bly kan ek nog verbeter op my tye."
Die opeafdeling vir vroue is deur Melissa van Rensburg (39:40) gewen.
Die 12-jarige Christolique McNeil (19:55) van Fit & Run, was die eerste vrou in die 5km-wedloop.
Coenie Lubbe (Hartenbos Drawwers) glimlag vir die fotograaf net voor die eindpunt.
Ané Scholtz (Hartenbos Drawwers) kom by die eindstreep aangedraf.
Kategoriewenners 10 km:
Ope-mans:
1. Lloyd Bosman Nedbank SWD (30:34),
2. Elroy Gelant Tydelik (31:22),
3. Godwin Heyns, Nedbank SWD (31:50).
Juniors:
1. Jeanno Cubie, Nedbank SWD (35:43),
2. Austin Koopman, Outeniqua Harriers (36:59).
Meester:
Selwyn Losper, Nedbank SWD (37:01).
Grootmeester:
Koos Smit, Hartenbos Drawwers (45:12).
Groot-grootmeester:
Michael Brewis, Knysna-marathonklub (48:37).
Stapper:
Antonio Farmer, Nedbank SWD (48:40).
Ope-Vroue:
1. Melissa van Rensburg, Nedbank SWD (39:40),
2. Virgell-Lee Africa, Maties (41:23),
3. Brittney-Ann Meyer, Nedbank SWD (41:50).
Juniors:
1. Virgell-Lee Africa, Maties (41:23),
2. Brittney-Ann Meyer, Nedbank SWD, (41:50).
Veteraan:
Nerida Lubbe, Hartenbos Drawwers (44:31).
Meester:
Annemarie van der Westhuizen, Nedbank SWD (51:40).
Grootmeester:
Annatjie Botes, Nedbank SWD (43:39).
Groot-grootmeester:
Dalene le Roux, Nedbank SWD (1:18.41).
Stapper:
Nolene van Rensburg, Nedbank SWD (55:22).
Hou aan met glimlag!
Tonya Schoeman van Hartenbos Drawwers was tweede in die 5km-wedloop.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'