MOSSELBAAI NUUS - Atlete van Laerskool Park het Saterdag, 8 Maart, by die WesKaapse atletiekbyeenkoms wat in die Paarl plaasgevind het, skoonskip gemaak.
Drie Park-atlete het gekwalifiseer om aan die nasionale byeenkoms op 21 en 22 Maart in Germiston, Gauteng, deel te neem.
Miguel Prins het ‘n nuwe SA rekord opgestel.
Die uitslae was:
Miguel Prins (13) 1ste hoogspring (1.77m, Wes-Kaap en SA rekord), 2de 80m hekkies en 8ste 100m.
Jordan Sydon (13) 1ste 80m hekkies, 1ste verspring en 5de 100m.
Mia Rossouw (12) 2de hoogspring.
Jordan Sydon (links) en Miguel Prins.
Mia Rossouw
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’