MOSSELBAAI NUUS - Die laaste Winterliga-atletiekbyeenkoms vind op Vrydag 1 September plaas.
Besighede, skole en groepe word uitgenooi om vir die 4 x 100 meter aflosse te kom inskryf om sodoende die heersende Bi-Fit span in 'n uitdaag te probeer klop!
Inskrywingskostes is slegs R20 per span.
Die byeenkoms begin om 17:00 by die Van Riebeeck Stadion in Mosselbaai.
Vir meer inligting kan Bianca Janse van Rensburg gekontak word by 073 583 6439.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'