Nog 'n lid van die Kenani-span het goud verower met die jukskei in die kategorie bo 70-jarige ouderdom. In die 4x100m aflos-span, het 'n lid van Kenani brons ingepalm.
Die goue medalje wenners sal op 19 en 20 Oktober in Bloemfontein aan die inter-provinsiale spele deelneem. Die Kenani-bestuur en -lede wens al die deelnemers geluk met hulle prestasie en wil hulle ook aanmoedig om dieselfde hoogtes te bereik tydens die volgende byeenkoms.
.jpg)
Pieter van der Poel (78) het uitgeblink in jukskei. Hier is hy op die podium in sy lemmetjiegroen Kenani-spandrag.