Deelnemers het gewag gemaak van die goeie gees en positiewe waterpunt bemanning wat almal deurentyd op hoogte kon hou van die rugby uitslae. Die goeie prysgeld, danksy die ruim borgskap van Hartenbos Spar, is met dank ontvang deur die kategorie wenners.
Uitslae vir die dag:
OPE: MANS: 1. Julius Koree (Rainbow) 50:34; 2. Vuyo Witbooi (Outeniqua Harriers) 52:51; 3. Selwyn Losper (Mosselbaai Harriers) 53:06.
DAMES: 1. Lize Cornelius (Hartenbos Drawwers) 1:07:15; 2. Marie Wolmarans (Nedbank Running Club George) 1:07:17; 3. Thea-Mari van der Sandt (Nedbank Running Club George) 1:12:37.
40-49: MANS 1. Selwyn Losper (Mosselbaai Harriers) 53:06; 2. Fana Prinsipal (Coastline) 54:46.
DAMES: 1. Christa Smit (Hartenbos Drawwers) 1:15:07; 2. Elmien Nel (Nedbank Running Club George) 1:17:16.
50-59: MANS: 1. Hermanus Jonkerman (Nedbank Running Club George) 1:00:04; 2. Andrew Jansen (Hartenbos Drawwers) 1:08:17.
DAMES: 1. Marie Wolmarans (Nedbank Running Club George) 1:07:17; 2. Annemarie Roetz (Nedbank Running Club George) 1:20:47.
60-69: MANS: 1. Plaatjie Cronje (Outeniqua Harriers) 1:16:33; 2. Peet Meyer (CSIR) 1:22:40.
DAMES: 1. Rea Oosthuizen (Hartenbos Drawwers) 1:24:15; 2. Saundria Visser (Nedbank Running Club George) 1:31:51.
70+: MAN 1. Alf Zhemke (Outeniqua Harriers) 1:47:53; DAME - geen.
JUNIOR: MAN 1. Dominic Muller (Hartenbos Drawwers) 1:22:57; DAME - geen.
STAPPERS: MANS: 1. Armond Nel (Nedbank Running Club George) 1:12:35; 2. Johannes van Rooyen (Sedgefield Striders) 1:32:55.
DAMES: 1. Aletta van Rensburg (Nedbank Running Club George) 1:41:41; 2. Hurbe van Wyk (Nedbank Running Club George) 1:50:38.
Hartenbos Drawwers se eerste manswenner is Juan Pretorius met 53:49; en die eerste dameswenner is Lize Cornelius met 1:07:15.
Almal wat die wedloop voltooi het kon daarna spog met 'n unieke medalje in die vorm van dolfyn. Kinders (en die jonk van gees) het ook 'n tuisgemaakte pakkie springmielies ontvang.
Daar was ook vele gehalte gelukstrekkings moontlik gemaak deur die volgende instansies; - Ronat Nissan (begeleidingsvoertuie), Tokoda Spur, Wellness World, The C-Shop, Tollies Slaghuis, Midas, Anna se Boutique, Hartenbos Hardeware, Mosskem Apteek en Oasis Water.
Jan en Dottie Joubert van Hartenbos Spar en van hul verskaffers het gesorg vir heelwat verrassings.
Hartenbos Drawwers wil graag hiermee hulle opregte dank aan almal betuig, maar veral aan die klubdames vir die springmielies. Alle lede en ondersteuners wat gewillig en hard gewerk het voor en tydens die wedloop, word in die besonder bedank .
Laastens, geluk en baie dankie aan al die deelnemers. Die organiseerders vertrou die geleentheid gaan van krag tot krag groei en volgende jaar selfs meer deelnemers lok.
'n Groep van Hartenbos Spar se personeel wat ook aan die wedloop deelgeneem het.
Die onderskeie kategorie-wenners met die borg se verteenwoordiger (regs).