MOSSELBAAI NUUS - Hartenbos Drawwers bied op Saterdag, 20 Oktober hul gewilde Hartenbos Spar 15km lente-pretdraf aan. Hulle nooi alle belangstellendes om deel te neem.
Die pretdraf begin om 07:00 by die Hartenbos-bibilioteek en die roete loop langs die wandelpad, waar daar 'n goeie kans is om walvisse te sien tussen die 3- en 5km-punte. Die roete strek oor die Hartenbosriver, deur Dibiki-karavaanpark en op die treinspoor terug na Hartenbos-biblioteek.
Daar is ook 'n 4km-pretdraf / stap wat geskik is vir jonger kinders en mense wat nie so fiks is nie.
Die pretdraf / stap begin om 07:10
Inskrywings kan vanaand, Vrydag 19 Oktober tussen 17:00 en 19:00 by die Hartenbos-biblioteeksaal gedoen word asook môre, Saterdag 20 Oktober tussen 05:00 en 06:45. Vir enige navrae kan Johan Viljoen (082 940 8830) of Michelle Schermbrucker (082 563 1750) geskakel word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'