MOSSELBAAI NUUS - Hartenbos Drawwers het Dinsdag, 11 Desember hul laaste tydtoets vir 2018 gehardloop.
Na die tydtoets het die atlete 'n prysuitdeling gehou en lekker saam gebraai. As tema vir die tydtoets moes die atlete soos Kersvader, 'n elf, 'n Kersboom of net jouself aantrek en deel in die pret. Hierdie geleentheid word geborg deur Seesig Motors. Hartenbos Drawwers ondersteun ook die ACVV met 'n Kersfeesprojek en elke persoon kon 'n geskenkie vir 'n bejaarde persoon saambring.
Uitslae:
Dinsdag, 4 Desember
3km: Adriaan Fourie (11:57), Louwtjie van Zyl (14:27), Delmarie Henning (14:29), Johan Viljoen (14:29), Clem Eccles (15:33), Barend van der Merwe (15:47), Venita du Pisanie (17:24), Steve Phelps (17:32), Michele Schermbrucker (18:21), Wouter Pretorius (18:21), Rika Spang (18:55), Hendrika Zimmerman (18:56), Ronel van Zyl (19:21), Tinkie Mouton (19:21), Dina Fryer (20:20), Hettie Lottering (20:20), Petro Nel (20:20), Louise Loots (20:22), Johan Nieman (20:37), Faan Coetzer (23:16) en Mursha Arries (30:36).
6km: Willem Lodewyk (24:06), Lluwellyn Fortuin (30:27), Byron Arries (30:36) en Murton Arries (30:36).
• Dinsdag, 11 Desember se uitslae was met ter perse gaan nog nie bekend nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'