MOSSELBAAI NUUS - Grootmeesters, Koos Smit en Jan du Toit, beide van Hartenbos Drawwers het Saterdagoggend onderskeidelik die eerste en tweede plekke in hulle afdeling in die gewilde McDonald's na McDonald's 10km-padwedloop in George ingeneem. Lloyd Bosman (Nedbank) het 'n nuwe roete-rekord opgestel vir opemans. Bosman het gewen in 29:44.
Die vorige rekord van 29:49 is ook in 2013 deur Lloyd opgestel. Die wedloop het 450 deelnemers gelok.Melissa van Rensburg, ook Nedbank, was die eerste vrou oor die wenstreep in 'n vinnige tyd van 38:15. Sy kon nie op die vorige rekord van Zola Budd-Pieterse van (36:43) wat sy in 2013 opgestel het, verbeter nie. Die junior, Candice van Beulen (40:26) en grootmeester, Annatjie Botes, albei van Nedbank SWD, was onderskeidelik tweede en derde oor die wenstreep.Hartenbos Drawwers se junior atlete het ook puik presteer.
Kategoriewenners 10km:
Junior mans:
1. Christiaan Lingerveldt, Nedbank SWD (34:24);
2. Ricardo Cornelius, Cape Multi Sport (35:06).
Opemans:
1. Lloyd Bosman (29:44);
2. Godwin Heyns (31:10);
3. Gershwill Jacobs (32:24) almal van Nedbank SWD.
Veterane:
1. Mxolisi Fana, Outeniqua Harriers (35:21);
2. Marlon Mortlock, Knysna MK (38:00).
Meesters:
1. Anton Chevalier, Nedbank SWD (38:30);
2. Peter Jaehne, Outeniqua Harriers (38:48).
Grootmeesters:
1. Koos Smit (44:34);
2. Jan du Toit (47:28) beide Hartenbos Drawwers.
Groot-grootmeesters:
1. Abraham Coetzee, Knysna-marathonklub (51:58);
2. Plaatjie Cronje, Outeniqua Harriers (58:41).
80+:
David Morgan-Smith, Knysna-marathonklub (1:11.13).
Stappers:
1. Antonio Farmer, (47:12);
2. Maxwell Brown (56:37) beide Nedbank SWD.
Van links is Stephan Fourie, Jandri Snyders, Sinead Hattingh, Marianne van Eeden, Gida de Swart, Stephan Lamprecht, Llewellyn Viljoen, Adriaan Fourie en Jacques Fourie, almal van Hartenbos Drawwers.
Junior vroue:
1. Candice van Beulen (40:26);
2. Louw-Anne Lourens (44:00) beide Nedbank SWD.
Opevroue:
1. Melissa van Rensburg (38:15);
2. Candice van Beulen (40:26);
3. Annatjie Botes (42:22) almal Nedbank SWD.
Veterane:
1. Adriadne van Zandbergen, Cape Multi Sport (43:42);
2. Johanna Claassen, Nedbank SWD (45:45).
Meesters:
1. Alison Jordaan, Nedbank SWD (44:56);
2. Rina Wray, Hartenbos Drawwers (48:01).
Grootmeesters:
1. Annatjie Botes (42:22);
2. Mariette de Haan (53:30) beide van Nedbank SWD.
Groot-grootmeesters:
1. Anna-Mari van Eck (1:08.35);
2. Daleen le Roux (1:16.38) beide van Nedbank SWD.
80+:
Cecilia Swiegers, Nedbank SWD (1:12.40).
Stappers:
1. Nolene van Rensburg, Nedbank SWD (53:01);
2. Lorraine Zehmke, Outeniqua Harriers (1:10.20).
Hartenbos Drawwers se junior atlete het ook puik presteer.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'