MOSSELBAAI ATLETIEKNUUS - 'n Hartenbos-rolbalspan het die eerste plek ingeneem met die Personal Trust Presidentsdag in Hartenbos. 'n Gemengde Hartenbos / Mosselbaai-span was tweede.
Altesaam 24 spanne van Vista, Groot Brak, Mosselbaai, Stilbaai, Outeniqua, Oudtshoorn en omliggende dorpe het aan die dag se rolbal deelgeneem.
Hannes en Ansie Olivier, Hentie Claassen en Jan Meyer was die wenspan met Brenda Burger, Willem en Rina Theron saam Tish Hockney wat tweede geëindig het.
Die klub bedank die hoofborg, Personal Trust, asook Mariaan Kriel, Petro Nel, Hesna Klopper en Marilyn Fourie wat hard in die kombuis gewerk het om smaaklike die kos en verversings voor te sit.
Die span vroue wat hard gewerk het agter die skerms.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'