MOSSELBAAI NUUS - Laerskool Herbertsdale se leerders het uitgeblink tydens hul kleuresport op Maandag, 29 Januarie.
Die gemeenskap het in groot getalle die leerders tydens die byeenkoms ondersteun en 'n groot opgewondenheid het bygedra tot die goeie gees waarin die verrigtinge plaasgevind het.
Die onderskeie atlete het hul beste gegee en verskeie plaaslike rekords is verbeter.
Die skoolgemeenskap bedank elke leerder, ouer en die groter gemeenskap vir hul ondersteuning.
Let wel dat Laerskool Herbertsdale gasheer is vir die seksie atletiekbyeenkoms wat komende Saterdag, 3 Februarie op Herbertsdale plaasvind.
Laerskool Herbertsdale verwelkom ook juffrou Meintjies by die skool se span opvoeders.
Sommige atlete het behoorlik stof geskop in hul teenstanders se oë.
Die onderskeie atlete het met oorgawe aan die kleuresportbyeenkoms op Herbertsdale deelgeneem.
Elke atleet het hul beste gegee tydens die atletiekbyeenkoms.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'