MOSSELBAAI SKOLE SPORT NUUS - Altesaam 401 atlete van oor die hele land het op 21 September aan die jaarlikse BestMed Madibaz top10-atletiekbyeenkoms, by die Van Riebeeck-stadion, deelgeneem.
Uit die 26 skole is 47 spanne ingeskryf. Hoërskool Punt het vier spanne ingeskryf en het 14 medaljes verower (vier goud, sewe silwer en drie brons).
Andrea Kommer (vroue o/19) het drie goue medaljes gewen in spiesgooi, verspring en driesprong. Carmel Treurnicht (meisies o/17) het in driesprong 'n goue medalje gewen.
Menlopark se atlete het die dag gewen en met die prysgeld huis toe gegaan. Dit was 'n dag van pragtige atletiek en 27 nuwe rekords is opgestel.
Punt sê dankie aan BestMed en Madibaz vir hul betrokkenheid.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'