TUINROETE DISTRIK SPORTNUUS - Eden-tweekamp se eerste dubbels-byeenkoms vir die jaar het op Dinsdag, 16 Maart op Oudtshoorn plaasgevind.
'n Totaal van 31 spanne het in heerlike koel weer en streng Covid-19-protokol regulasies deelgeneem.
Jan en Johannes Brink met 2 260 punte was die wenspan van die dag met Amé Pretorius en Elizmay Huyzer (2 230) tweede en Kari Griffioen en Cristiaan van Biljon (2 205) derde.
Dirco Nienaber (swem) met sy 1 220 punte het vir die beste prestasie van die dag gesorg. Pryse is deur Wimpy geborg.
Stephnie McKay, Eden-tweekamp voorsitter saam met die onderskeie wenners, Amé Pretorius en Elisme Huyser (tweede), Jan en Johannes Brink (wenners), Kari Griffioen en Christiaan van Biljon (derde) en Dirco Nienaber (beste prestasie).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'