MOSSELBAAI NUUS - Gister was dit vyf medaljes en vandag staan hulle op sewe!
Tyroyd Arendse en Jordan Sydon het nóg twee goue medaljes in eSwatini ingepalm, dié keer as deel van die 4 x 100 m-aflosspan.
Hulle is tans in dié land vir die Konfederasie van Skolesportverenigings van Suider-Afrika se 2025-spele.
Skole van Suid-Afrika, eSwatini, Lesotho en Zimbabwe ding hier in verskeie sportsoorte mee.
Saam met die bogenoemde wen, het Tyroyd ook goue medaljes vir die 800 m en vir die 4x 200 m-aflos gekry.
Jordan het ook vir dié aflos goud gekry, en vir die 80 m-hekkies. Hy het ook tweede in verspring gekom.
Volgens Tyroyd se ma, Sue-Ann, kom hierdie twee Mosselbaai-sterre weer Vrydag, 29 Augustus, terug huis toe.
Gaan na Mossel Bay Advertiser se TikTok-blad vir video’s van Tyroyd en Jordan in eSwatini.
Vorige artikel:
Altesaam 5 medaljes vir Mosselbaai-leerders in eSwatini
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’