Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Vanjaar het 154 atlete die Ernst Louw 10km-gedenkwedloop voltooi terwyl die talle ook aan die 3km-pretdraf deelgeneem het.
Die wedloop, georganiseer deur die Hartenbos Drawwers-atletiekklub, het op Saterdag, 2 Desember by Diasstrand plaasgevind.
Lloyd Bosman het die 10km-wedloop in 'n tyd van 32 minute 9 sekondes gewen, terwyl die vroue afdeling ingepalm is deur die besoekende topatleet, Leilani Scheffer in 'n tyd van 39 minute.
Kort op haar hakke het die jonger generasie atlete van Hartenbos Drawwers gevolg.
Die 15-jarige Elné Conradie was tweede en Marizaan van der Mescht, nog 'n junior atleet, het derde geëindig.
Die res van die brawe atlete het elke tree geniet en hulle eie persoonlike beste tye nagejaag.
Die wedloop sou nie moontlik wees sonder die borgskap van Midas Mosselbaai - Steyn de Jager en Hartenbos Eiendomme - Bobby van Schalkwyk.
PetroSA atlete het baie goed vertoon tydens die gedenkwedloop.
Kategoriewenners
Manswenners
Ope afdeling
1. Lloyd Bosman (Nedbank SWD); 2. Godwin Heyns (Nedbank SWD); 3. Leon Adams ( Hartenbos Drawwers)
Junior
1. Godwin Heyns (Nedbank SWD)
Veterane (40-49)
1. Eddie Mouton (Nedbank SWD)
Meesters (50-59)
1. Selwyn Losper (Mosselbaai Harriers)
Grootmeesters (60-69)
1. André Niemand (Hartenbos Drawwers)
Groot-grootmeesters 70+
1. Leslie Stuart (Knysna Marathonklub)
Stappers
1. André Pienaar (Blue Water Bay)
Llewellyn Viljoen, (voor, links), Elné Conradie, Jahndri Snyders van Hartenbos Drawwers, saam met van die ander kategorie-wenners, Annetjie Botes, (eerste ry, links) Irene Scheffer, Eddie Mouton, Lorraine Zemke en Les Stuart. Agter is André Niemand, Selwyn Losper, Annemarie van Eck, Gilermo Lamini, Lloyd Bosman, Godwin Heyns en Leon Adams.
Vrouewenners
Ope afdeling
1. Leilani Scheffer (KPMG); 2. Elne Conradie (Hartenbos Drawwers); 3. Marizaan van der Mescht (Hartenbos Drawwers)
Junior
1. Elne Conradie
Veterane (40-49)
1. Elzet Oosthuizen (Hartenbos Drawwers)
Meesters (50-59)
1. Annetjie Botes (Nedbank SWD)
Grootmeesters (60-69)
1. Irene Scheffer (Run Walk For Life)
Groot-grootmeesters (70-79)
1. Annemarie van Eck (Nedbank SWD)
Stapper
1. Lorraine Zhemke (Outeniqua Harriers)
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'